Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 John 1

:
Afrikaans - AFR20
1 Die Oudste aan die uitverkore vrou en haar kinders, wat ek in die waarheid liefhet en nie net ek nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het
2 op grond van die waarheid wat in ons bly, en vir ewig met ons sal wees:
3 Die genade, barmhartigheid en vrede van God, die Vader, en van Jesus •Christus, die Seun van die Vader, sal met ons wees in waarheid en liefde.
4 Ek was baie bly dat ek van jou kinders teëgekom het wat die pad van waarheid loop, in ooreenstemming met 'n gebod wat ons van die Vader ontvang het.
5 En nou vra ek jou, vrou, nie as 'n nuwe gebod wat ek aan jou skryf nie, maar as een wat ons van die begin af gehad het, dat ons mekaar moet liefhê.
6 En dit is die liefde: dat ons volgens sy opdragte leef. Dit is die opdrag wat julle van die begin gehoor het: dat julle daarvolgens moet leef.
7 Want baie verleiers het in die wêreld na vore gekom dié wat nie bely dat Jesus •Christus as mens gekom het nie. So iemand is die verleier en die Antichris.
8 Let daarop dat julle nie verloor wat ons deur harde werk verkry het nie, maar eerder 'n volle loon ontvang.
9 Elkeen wat nie by die leer van Christus bly nie, maar verder as dit wil gaan, het God nie; wie by die leer bly, so iemand het die Vader sowel as die Seun.
10 As iemand na julle kom en nie hierdie leer oordra nie, moet julle hom nie in julle huis ontvang nie, en hom nie groet nie.
11 Want wie hom groet, het aandeel aan sy bose werke.
12 Hoewel ek baie het om aan julle te skryf, wou ek dit nie met ink op papirus doen nie, maar ek hoop om na julle te kom, en van aangesig tot aangesig te praat, sodat ons blydskap volkome kan wees.
13 Die kinders van jou uitverkore suster groet jou.